UK Wiskundekompetisie. Drie seuns van Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, het gisteraand, 25 Julie, die UK Wiskundekompetisie se prysuitdeling bygewoon.
Nicolaas de Villiers en Daniel Chemaly het die afdeling vir Graad 11-pare gewen en Jonathan Coolen was derde in die individuele afdeling vir Graad 8’s.
Die UK se wiskunde kompetisie is in 1977 gestig en word jaarliks aangebied. Elke skool kan fyf individue en vyf pare per Graad inskryf. Meer as 7500 leerders neem elke jaar deel. Afsonderlike vraestelle word vir elke graad gestel vanaf Graad 8 tot Graad 12.
Die doelwit van die kompetisie:
- Om wiskunde onder hoërskole in die Wes-Kaap gewild te maak.
- Om bewustheid onder beide leerders en onderwysers te skep dat wiskunde ‘n vak is wat vir almal aangenaam en toeganklik is.
- Om belowende studente te identifiseer en geleenthede te bied vir verdere ontwikkeling van hul wiskunde talente.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








