Uitstekende 2025-Krieketseisoen. Hoërskool Montana, Pretoria, se eerstespan krieket het groot erkenning ontvang tydens die Titans Amateur Krieket Toekenningsaand, waar hulle bekroon is as Noordvaal B‑Afdeling ligawenners vir die 2025-seisoen.
Juan Theunissen het die Noordvaal B‑Afdeling Trofee met trots namens die span ontvang – ’n simbool van hul ongelooflike prestasie en deursettingsvermoë.
Hierdie sukses is die vrug van harde werk, toewyding en trots, waarmee elke wedstryd aangepak is. Julle het die Montie-kleure met eer gedra en die naam van Hoërskool Montana hoog gehou! 💙
’n Spesiale woord van dank aan ons afrigters vir hul leiding, ondersteuning en ure se harde werk agter die skerms. Julle belegging in die span het beslis vrugte afgewerp en die pad na hierdie oorwinning gebaan.
Die hele Montana-familie is ongelooflik trots op hierdie span en alles wat bereik is – Monties, julle skitter!
Lees meer uitstekende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








