Uitslae Matriekklas 2025. Baie geluk aan die matriekklas van 2025 met ’n uitmuntende prestasie! Jul harde werk en toewyding het vrugte afgewerp, en die Gim-familie is met reg trots op elkeen van julle.
Dux-leerder
- Marnich Dippenaar – 92,71%
Toppresteerders
- Gabrielle Brook – 91,29%
- Mila Nel – 90,71%
- Soleil Greyling – 88,71%
- Hanco Botha – 88%
Hoogtepunte van die klas
- 99,5% slaagsyfer
- 31 A-gemiddeldes
- 92,3% matrikulasie-vrystelling
- 69% klasgemiddeld
- 379 vakonderskeidings

Akademiese uitblinkers
- 7 A’s – 6 leerders
- 6 A’s – 9 leerders
- 5 A’s – 16 leerders
- 4 A’s – 19 leerders
Die Gim-familie vier hierdie merkwaardige prestasies met dankbaarheid en trots. Mag die Son van Geregtigheid julle bestraal en lei op die pad vorentoe.
“Eer aan God in die hoogste hemele, en vrede op aarde, in die mense ’n welbehae.” – Lukas 2:14
’n Hartlike woord van gelukwense van jul skoolhoof, personeel, leerders, beheerliggaam, oud-studente en ouers wat saam hierdie sukses moontlik gemaak het.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








