UFAK Karatekampioenskap. Hoërskool Sentraal-ster blink uit op internasionale karateverhoog.
Hoërskool Sentraal leerder, Johanco Greyvenstein het onlangs aan die prestigeryke UFAK Karatekampioenskap deelgeneem as lid van die nasionale Proteaspan. Die kampioenskap, wat deelnemers van regoor Afrika lok, het kadette-, junior- en senior-afdelings ingesluit. Johanco het die skool en land met trots verteenwoordig in die Senior Kumite-afdeling, waar hy ’n indrukwekkende 7de plek behaal het.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








