Baie geluk aan twee van Ligbron Akademie vir Tegnologie se stoeiers, Marno Botha en Henco du Bruyn wat op Saterdag, 2 Maart, verkies is tot die Mpumalanga Stoeispan.
Hierdie twee stoeiers sal op Saterdag, 16 Maart, Mpumalanga by die SA Kampioenskappe verteenwoordig wat in Bellville in Kaapstad sal plaasvind. Baie geluk en baie sterkte met die SA’s!
Foto: Marno Botha (links) en Henco du Bruyn (regs)