)

Hoërskool Strand maak stem dik op SA’s

Die Arende het hulself tydens die afgelope SA Junior Toutrekkampioenskap te Oudtshoorn behoorlik laat geld en van die top-spanne lelik die skrik op die lyf gejaag.

Alhoewel geen medaljes gewen is nie, het die meeste van Hoërskool Strand se spanne onder die top 10 in die land geëindig met veral die 600kg-span wat net-net in drie trekke die brons medalje misgeloop het! Dit was ‘n titaniese stryd om daardie medalje, maar om die vierde beste 600kg span in die land te wees, is voorwaar ‘n prestasie waarop Hoërskool Strand, die Helderberg en die WP trots kan wees. Hierdie span was dan ook die WP-span wat die beste tydens die kampioenskap presteer het.

Die 560kg-span het soos ‘n masjien getrek, maar het uiteindelik net 1 punt gekort om na die volgende rondte deur te gaan. Veral die 440kg meisies het gewys dat daar baie potensiaal in hul steek is en met die hoop dat daar in die vierde kwartaal heelwat nuwe gesigte by die oefenveld gaan opdaag, is daar groot opgewondenheid oor die komende seisoen.

Net so het al ons ander spanne, wat die B-spanne insluit, pragtig getrek en aandag getrek met hul pragtige styl en gees.
Almal wat die voorreg gehad het om hierdie kampioenskap by te woon, was dit eens dat dit een van die mees emosionele kompetisies ooit was.

Sowat van passie, gees en emosie onder beide die trekkers, hul ouers en ondersteuners is lanklaas beleef. Een van die ouers het dit as ‘n “life-changing experience” beskou. ‘n Uitstaande belewenis was die wyse waarop die graad 12-trekkers hul deur die seisoen gehandhaaf het en die diep spore wat hul getrap het.

Hierdie trekkers het beïndruk met die wyse waarop hul die jonger trekkers positief beïnvloed het. Byna elke senior het van die junior trekkers nader geroep en hul gemotiveer om as Arend-trekkers net hul beste in die komende seisoene te lewer. Van hulle het van hul toerusting aan die juniors oorhandig, wat baie emosioneel was.

In dieselfde lig word alle Arende wat oorweeg om toutrek as sport te beoefen, aangemoedig om vroeg in September te kom oefen en hul gewig by hierdie snel-groeiende sport in te gooi.

Waar die toutrekseisoen nou tot ‘n einde gekom het en daar nou volle aandag aan die winter-sportkodes gegee gaan word, moet almal bedank word wat hierdie hele seisoen so intens betrokke was.

Dit was ‘n ware belewenis!!!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal