Verskeie atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het op Saterdag, 9 Maart, aan die Mpumalanga Atletiekkampioenskappe deelgeneem wat in Secunda plaasgevind het. Twee van die Liggies se atlete, Kwanele Nkambule (o/16) en Mikyla le Roux (o/19), dring deur na SA’s wat vanaf 20 tot 23 Maart in Port Elizabeth sal plaasvind.
Kwanele sal ook aan die ASA Nasionale Junior Kampioenskappe deelneem wat op 27 Maart in die Paarl in die Kaap sal plaasvind. Kwanele het ‘n 4de plek in die 100m en ‘n eerste plek in die 200m en Mikyla het ‘n eerste plek in beide haar diskus en gewigstoot items behaal.
Die Liggies is trots op julle en wens julle alle sterkte toe met die SA’s.
Foto: Kwanele Nkambule en Mikyla le Roux