Die twee Liggies, Kemain Venter en Masibulele Mndebele wat gekies is vir die Gert Sibande Landloopspan.
Vyf van Ligbron Akademie vir Tegnologie se landloop-atlete het op Saterdag, 3 Augustus, aan die Gert Sibande Streeks-landloop Kampioenskappe deelgeneem wat te Oosterland in Secunda aangebied was. Twee van Ligbron se atlete, Kemain Venter en Masibulele Mndelbele is gekies is vir die Gert Sibande landloopspan. Hierdie twee atlete sal Gert Sibande verteenwoordig met die mikpunt om die Mpumalanga-span te haal.
Daar word in elke ouderdomsgroep 12Â atlete in die streek gekies wat verder na die Mpumalanga uitdunne deurdring.
Die res van die Liggies se uitslae was soos volg: Stephan Jacobs (o/14) behaal die 16de plek, Masibulele Mndebele (o/17) 3de plek, WJ Vorster (o/17) 17de plek, Nelson Mulumba (o/18) 31ste plek en Kemain Venter (o/18) 9de plek.