Voor vlnr: Jané Willemse en Daniel van der Merwe.
Agter vlnr: Leandri Viviers, Leané von Wielligh en André Strauss
Die graad 10 – 12 leerders van Hoërskool Ermelo het deelgeneem aan die ATKV se Senior Afrikaans Olimpiade. Hierdie Olimpiade sluit afdelings soos taal, begrip, prosa, poësie en drama in en voldoen aan uiters hoë standaarde.
Die Erries het uitstekend gevaar met vyf leerders wat in die top 20 van Mpumalanga eindig: Daniel van der Merwe (graad 12), Leandri Viviers (graad 11), Leané von Wielligh (graad 12), Jané Willemse (graad 12) en André Strauss (graad 11).
Daniel van der Merwe behaal ook ‘n besondere prestasie om onder die top 100 nasionaal te eindig.
Baie geluk aan elkeen van die leerders. Dit is voorwaar ‘n prestasie om op trots te wees!
Become a Sponsor









