Hoërskool Noord-Kaap, Kimberley, het vanjaar 5 leerders gehad wat na die nasionale rondte van die ATKV-redenaarskompetisie deurgedring het. Twee van hierdie leerders het ‘n besondere prestasie behaal deur tweede in hul onderskeie kategorieë in SA te eindig.
Gavin Swartz het in die graad 8 – 9 Afrikaans Addisionele Taal Onvoorbereide Afdeling deelgeneem en Tristen Pinetown, wat in die graad 10 – 12 Afrikaans Addisionele Taal Onvoorbereide Afdeling deelgeneem het, het ook die prys vir die beste taalgebruiker in hierdie kategorie gewen.
Foto: Vlnr: Gavin Swartz en Tristen Pinetown