TSA Toernooie. 🎾 Hoër Meisieskool Bloemhof-tennistrots!
Die Bloemhof-dogters het hierdie vakansie die tennisbane laat brand met uitstaande prestasies by verskeie TSA-toernooie. Hulle harde werk en deursettingsvermoë het weer bewys dat HMS Bloemhof ’n krag is om mee rekening te hou!
American Express Vrystaat Super 8 – Bloemfontein
Dogters o.16:
- Ella Jonker – Enkels Kampioen
- Lisa Jonker – Dubbels Kampioen en 5de in enkels
- Julia de Lange – 24ste in enkels
SA Nasionale Kampioenskappe – Bloemfontein
Dogters o.16:
- Charlotte Bouwer – Enkels én Dubbels Kampioen
- Ella Jonker – 3de in enkels
- Lisa Jonker – 8ste in enkels
- Lisa & Ella – Semi-finaal in dubbels
Dogters o.18:
- Milla Kotze – Dubbels Kampioen en 5de in enkels
🌟 Baie geluk aan elke speler! Julle passie, vasbyt en span-gees maak HMS Bloemhof ongelooflik trots. Hierdie prestasies is nie net oor trofeë nie – dit wys die ware Bloemhof-gees: uitnemendheid, trots en deursettingsvermoë.

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









