Amex Super 8-tennistoernooi. Hoërskool Waterkloof se graad 12-leerling, Ciaran McConnell, het tydens die vakansie haar tennisvaardighede op nasionale vlak ten toon gestel. Sy het deelgeneem aan die Amex Super 8 Tennistoernooi wat in Bloemfontein plaasgevind het, waar sy in die vroue-afdeling ’n 5de plek in die enkels behaal het en die semi-finaal in die dubbels bereik het.
Daarna het sy haar talent verder bevestig in die Amex Suid-Afrikaanse Nasionale Tennistoernooi, waar sy saam met haar dubbelsmaat ’n uitstekende 2de plek in die dubbels verower het – ’n ware prestasie wat haar toewyding en deursettingsvermoë weerspieël.
Klofies is trots op jou, Ciaran! Jou harde werk en sportgees inspireer die hele Waterkloof-gemeenskap.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor









