TSA Tennistoernooi. Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, tennisspelers het die afgelope skoolvakansie aan die TSA Tennistoernooi in Bloemfontein deelgeneem en puik presteer.
Vrystaat Super 8:
- O.16 Afdeling – Charlotte Bouwer eindig derde in die enkels en verloor in die dubbels finaal.
- O.14 Afdeling – Lisa Jonker eindig negende in die enkels en verloor ook in die dubbels finaal.
SA Nationale Kampioenskappe:
- O.18 Afdeling – Milla Kotze verloor in die enkels semi-finaal en dring deur na die dubbels finaal. Die wedstryd kon ongelukkig, weens die reën, nie afgehandel word nie.
- Nina van Eeden verloor in die dubbels semi-finaal.
- O.16 Afdeling – Charlotte Bouwer verloor in die enkels kwarteindrondte asook die dubbels semi-finaal.
- O.14 Afdeling – Lisa Jonker verloor in die dubbels semi-finaal.
Bloemhof is trots op hierdie dames wat met uithouvermoë en `n positiewe gesindheid verskeie wedstryde gewen het om die semi-finale en finale rondtes te behaal.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.bloemhofschool.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








