Top 20 Atletiekbyeenkoms – Hoërskool Kalahari, Kuruman se atlete het aan die jaarlikse Top 20 atletiekbyeenkoms deelgeneem. Dit het te Hartswater plaasgevind. Uit ‘n totaal van 23 skole eindig hoërskool Kalahari algeheel tweede.
Tydens die Top 20 atletiekbyeenkoms presteer Hoërskool Kalahari se atlete uitstekend. Hulle wen 14 medaljes waarvan 5 Goud en 9 Silwer is.
Vier dogters is onder die Top 50 atlete wat presteer het tydens die atletiekbyeenkoms.
Hulle is:
- Lee-Ann van der Poel (Hammergooi)
- Danel Lubbe (Gewigstoot)
- Keira Blom (Gewigstoot) en
- Dunay Bylsma (200m)
Atlete het met die baan- en velditems gekompeteer om in aanmerking te kom vir die Nasionaal wat in Aprilmaand sal plaasvind. Die dogters eindig in die Top 20 atletiekbyeenkoms algeheel derde.
Die seuns atlete wat die meeste punte vir die dag aangeteken het is:
- Andre (Boesman) Venter (1454)
- SW van Heerden (1371) en
- Ofentse Kitso (1290)
Dogters atlete wat die meeste punte vir die dag aangeteken het is:
- Lee-Ann van der Poel (1480)
- Dunay Bylsma (1470) en
- Eliska Muller (1444)




Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.kalaharihighschool.co.za/af
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








