Top 15-Atletiekbyeenkoms – Hoërskool Eldoraigne se atlete het geskitter by die Top 15-Atletiekbyeenkoms. Eldo se atlete het bewys dat hulle atlete met durf en talent die baan kan domineer. Tydens die gesogte Top 15-atletiekbyeenkoms wat by Hoërskool Noordheuwel aangebied is, het drie van die ster-atlete uitgeblink en podiumplekke verower.
- Ruan Paton het in die o/17, 800m sy mededingers agtergelaat met ’n kragtige eindpoging. Hy verwerf egter ‘n goue medalje. Sy uithouvermoë en taktiese wedloopstyl het die toeskouers op hul voete gehad.
- Kayla Schröder het in die o/19, 1500 m, haar vasberadenheid en deursettingsvermoë getoon. Met ’n sterk tempo en ’n indrukwekkende laaste rondte het sy ’n welverdiende derde plek behaal.
- Abby Raath, Eldo se jong sprinter, het in die o/15, 100 m haar spoed en flair op die baan ten toon gestel. Sy het met selfvertroue gehardloop en die bronsmedalje ingepalm teen ’n sterk veld.

Hierdie prestasies is nie net ’n bewys van individuele talent nie, maar ook van harde werk, toewyding en spansteun. Hoërskool Eldoraigne is ongelooflik trots op Ruan, Kayla en Abby wat die naam van hul skool met soveel glans verteenwoordig het.
Baie geluk, kampioene – julle inspireer almal!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








