Tennisfees. Hoër Landbouskool Boland in die Paarl sien geweldig daarna uit om twaalf deelnemende skole hierdie komende naweek (Vrydag en Saterdag) op die plaas te verwelkom. Dit is hul vyftiende Boland Landbou Tennisfees.
Al agt hul tennisbane, sowel as ander bane in die dorp sal hiervoor benut word. Hulle nooi almal uit na die tennis fees. Ondersteun gerus die seuns in hierdie aksiebelaaide wedstryde.
Die skool is verheug dat toeskouers weer welkom is by die bane en velde. Sien julle daar!
Hoër Landbouskool Boland wens graag hierdie manne alles van die beste toe vir die fees.
#leerleeflei #bewaaronsbodem #hartenhand #broersviraltyd
Lees meer oor Hoër Landbouskool Boland: