OMS hoofhuisleidsters. Dis vier jaar later, maar Hannalize Swanepoel en Ané Janse van Vuuren het nog net soveel gees as op laerskool. Hannalize is as hoof en Ané, onderhoof, is Woensdag as Huis Fischer se nuwe hoofhuisleidsters aangewys.
Hulle het in hulle gr. 7-jaar in Oranje Primêr ook die kitaar geslaan vir Fischer. Wanneer leerders van Oranje Primêr na die hoërskool kom, behou hulle hul sporthuis. Dié twee hegte vriende deel egter nie ook ‘n sporthuis met hulle onderwyser-ma’s by Oranje nie. Juf. Janse van Vuuren is in Boshoff en juf. Swanepoel in Otto.
Baie geluk aan hannalize en Ané.
Lees meer oor OMS: