Swem – Faffa Bester van Hoër Jongenskool Paarl het op 15-17 Julie deelgeneem aan die Wes-Kaap se kortbad-kampioenskappe. Faffa het aan verskeie swem items deelgeneem en ses medaljes verwerf.
Faffa ontvang twee goue medaljes vir 100m en 200m borsslag. Hy verwerf ook twee silwer medaljes in 100m en 200m indivuduele wisselslag. Vir 200m rugslag en 100m vlinderslag verower hy twee brons medaljes.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.paarlboyshigh.org.za/
Foto voorsien