Swem en Atletiek internasionaal. 🌟 Jayden Parkin skitter internasionaal! 🇩🇪🇮🇹
Jaden Parkin, talentvolle atleet van Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, het gedurende die vakansie die wêreld verower op die atletiekbaan! Jayden het Suid-Afrika se trots hoog gehou toe hy aan die Bauhaus-gala in Duitsland deelgeneem het. Hy het ‘n indrukwekkende 2de plek in die uitdunne behaal — ’n prestasie wat duidelik sy talent onderstreep — al het hy net-net die finaal misgeloop.
Maar Jayden het nie daar gestop nie! In Italië het hy aan die World Athletics Continental Tour in Brugnera deelgeneem, waar hy werklik vlam gevat het. In die senior hekkies het hy met styl die goud gewen, en in die 100m-sprint het hy ’n silwermedalje ingepalm met ’n blitsige tyd van 10,65 sekondes.
🎉 Baie geluk, Jayden! Jou deursettingsvermoë en briljante werk op die baan is ‘n inspirasie vir jong atlete regoor die land. Ons hou duimvas vir wat nog kom!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor










