Jeugkampioenskap Kyalami Equestrian Park. Gimmies blink uit by nasionale jeugkampioenskap!
Janke Rossouw en Karlien van Jaarsveld van Welkom Gimnasium het onlangs deelgeneem aan die Jeugkampioenskap Kyalami Equestrian Park in Johannesburg, en beide ruiters het besonderse prestasies behaal.
Janke het indrukwekkend individueel presteer met ’n 12de, 14de en 19de plek in haar onderskeie klasse. Haar span, wat Vrystaat verteenwoordig het, het die 1ste plek in die kampioenskap ingepalm — ’n uitsonderlike prestasie!
Karlien het haar talent ook ten volle gewys:
- Working Riding: 5de plek
- Working Hunter: 7de plek
- Kampioenskap Spring (90 cm): 33ste plek, uit ’n totaal van 104 ruiters — die grootste klas by die SA’s.
Karlien se Vrystaatspan het ’n 6de plek behaal in die spanitems.
👏 Baie geluk aan Janke, Karlien en die hele Vrystaat-span! Julle maakdie Vrystaat trots.


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://welkom-gimnasium.co.za/
Foto’s verskaf










