Super Skole Krieket Liga. Hoërskool Pietersburg se O.15A Krieketspan het Dinsdag, 17 September, teen Hoërskool Ben Vorster aan die Limpopo Krieket Super Skole Liga deelgeneem. Hoërskool Pietersburg het as wenners van die veld gestap. PHS se span het 135/10 behaal na 29 beurte en Ben Vorster 119/10 na 28 beurte.
PHS se manne het as volg presteer:
- Jan-Hendrik het 35 lopies van 46 balle aangeteken
- Alex Thomson het 34 lopies van 41 balle aangeteken
- Christiaan van der Merwe neem 3 paaltjies vir 32 na 8 beurte
- Coenraad Bezuidenhout neem 2 paaltjies vir 20 na 5 beurte
- Xander Deyzel neem 1 paaltjie vir 27 na 8 beurte
- Alex Thomson neem 4 paaltjies vir 5 na 1.5 beurte (Hat-trick)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








