SSA Vlak 3 Streekswemkampioenskap. Kwagga-swemmers blink uit.
Sewe Kwagga-swemmers het van 9 tot 12 April 2026 aan die SSA Vlak 3 Streekswemkampioenskap in Oos-Londen deelgeneem. Met 245 swemmers uit 43 klubs van die Wes-Kaap en Oos-Kaap, asook deelnemers uit Mosambiek, was die kompetisie uiters sterk en uitdagend. Die gala het swemmers in die ouderdomsgroepe 11 jaar en jonger tot 16 jaar aan die proef gestel, met oggend-uitdunne en finale wat tot laat in die aand plaasgevind het.
Ons Kwaggas het met deursettingsvermoë en trots deelgeneem, en hul prestasies spreek boekdele:
Individuele Prestasies
Sian Kleynhans (16 jaar)
- 9 Individuele items
- 7 Finale
- 2 Persoonlike Beste Tye (PB’s)
- 400m Vryslag
- Finale (Top 8): 400 Vryslag | 100 Vryslag | 200 Vryslag | 50 Rugslag | 100 Rugslag | 200 Rugslag | 200 Borsslag
Louis van Rooyen (16 jaar)
- 6 Individuele items
- 6 Finale
- 2 PB’s
- 🥈 200m Borsslag
- Finale (Top 8): 100 Borsslag | 100 Vlinderslag | 200 Vryslag | 200 Borsslag | 200 Individuele Wisselslag | 50 Vlinderslag
Miane Cronje (15 jaar)
- 8 Individuele items
- 8 Finale
- 10 PB’s
- 4 Goud: 50 Rugslag | 100 Rugslag | 200 Rugslag | 50 Borsslag
- 4 Silwer: 100 Borsslag | 200 Borsslag | 50 Vlinderslag | 200 Individuele Wisselslag
- Aflosse: 1 Goud | 1 Silwer | 1 Brons
Milan Coleman (14 jaar)
- 8 Individuele items
- 8 Finale
- 8 PB’s
- 3 Brons: 50 Vryslag | 50 Rugslag | 100 Rugslag
- Finale (Top 8): 400 Vryslag | 200 Vryslag | 100 Vryslag | 50 Vryslag | 200 Rugslag | 100 Rugslag | 50 Rugslag | 50 Vlinderslag
- Aflosse: 1 Goud | 1 Silwer
Zack Earle (14 jaar)
- 7 Individuele items
- 1 Finaal
- 3 PB’s
- Finale (Top 8): 400 Vryslag
- Aflosse: 1 Goud | 2 Brons
Pierre Spies (14 jaar)
- 8 Individuele items
- 5 Finale
- 9 PB’s
- 2 Brons: 50 Vryslag | 200 Vryslag
- Finale (Top 8): 50 Vryslag | 100 Vryslag | 200 Vryslag | 400 Vryslag | 200 Individuele Wisselslag
- Aflosse: 1 Goud | 1 Brons
🔹 Kayla Kleynhans (13 jaar)
- 4 Individuele items
- 3 Finale
- 3 PB’s
- Finale (Top 8): 400 Vryslag | 200 Vryslag | 100 Vryslag
- Aflos: 9de plek
Baie geluk aan al sewe Kwagga-swemmers! Julle het met trots en vasberadenheid deelgeneem en uitstekende resultate behaal. Julle maak Hoërskool Outeniqua en die Kwagga-familie ongelooflik trots.

Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor










