NWU-Hokkie-reeks – Die afgelope naweek het Hoërskool Nelspruit se hokkiespanne Pretoria en Kemptonpark toe gereis om aan die NWU-Hokkie-Reeks-finaal deel te neem. En watter ongelooflike prestasies is daar nie behaal nie! ’n Spesiale woord van geluk aan die eerste seuns-hokkiespan wat ná ’n spannende 8-sekonde-uitspele teen Hoërskool Menlopark die goue medalje gewen het. Ware Kampioene!
Hoogtepunte van die NWU-Hokkie Reeks:
Vrydag, 17 April
- 16B Dogters wen 3-0 teen Hoërskool Middelburg (3de plek)
- 15B Dogters wen met 8-sekonde uitspele teen Hoërskool Midddelburg (3de plek)
- 14B Seuns wen met 8-sekonde uitspele teen Hoërskool Menlopark (3de plek)
- 2de Seuns verloor met 8-sekonde uitspele teen Hoërskool Middelburg (4de plek)
- 14B Dogters verloor in finaal teen Hoërskool Menlopark (2de plek)
- 16B Seuns deel 3de plek weens weerlig.
- 2de Dogters deel 5de plek as gevolg van weerlig.
Saterdag, 18 April
- 14A Dogters verloor finaal teen Hoërskool Menlopark (2de plek)
- 14A Seuns wen met 8-sekonde uitspele teen Hoërskool Middelburg (3de plek)
- 15A Dogters wen 3-0 teen Hoërskool Transvalia (7de plek)
- 1ste Seuns wen finaal teen Hoërskool Menlopark – Hulle word gekroon as die Kampioene!
- 1ste Dogters verloor 0-2 teen Hoërskool Middelburg (6de plek)
- 16A Seuns verloor 1-3 teen Hoërskool Menlopark (4de plek)
- 16A Dogters wen 4-0 teen Hoërskool Ben Vorster (9de plek)


Met soveel medaljes en sterk vertonings kan die hokkiespelers met trots sê dat Hoërskool Nelspruit se hokkie op ’n baie hoë vlak meeding. Die spelers het moed, vasbyt en spanwerk getoon.
Die goue medalje van die eerste seunspan was die kersie op die koek!
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








