Skyfskiet. Anya Theart, Graad 12 leerder van Hoërskool Florida, het 20 April aan die SAARA-kampioenskappe (Suid-Afrikaanse Luggeweerfederasie), skyfskiet, deelgeneem. Anya het goud vir o/21-3P ontvang met ʼn volkaart in die “prone” posisie en brons vir die 10M met ʼn skitterende telling van 607.4.
Sy kwalifiseer ook vir haar junior Protea-kleure en is aangewys as junior en senior reserwe vir die Proteaspan wat na München, Duitsland, toer.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://florriesdemo.gsddemo.co.za/
Foto verskaf