Skolekrieket. Hoërskool Witteberg se 1ste krieketspan het Saterdag, 19 Oktober, in ‘n skolekrieket wedstryd teen Hoërskool Sentraal te staan gekom.
Witteberg het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Sentraal is beperk tot ‘n totaal van 157/10 na 38.1 beurte.
Kyle Nel het uitstekende boulwerk gelewer met 1 paaltjie vir 19 lopies in 8 beurte. Hy is goed bygestaan deur Anru Erasmus, wat 2 paaltjies vir 33 lopies in 6 beurte geneem het.
Daarna was dit Witteberg se beurt om Sentraal se totaal te jaag. Die dag het aan Karsten Rohrs behoort. wat 71 lopies van 99 balle aangeteken het. Sy vernootskap van 110 lopies in 131 balle met Xander Fourie, wat 45 lopies van 38 balle geslaan het, het daartoe gelei dat Witteberg slegs 32 beurte nodig gehad het om die totaal te jaag.
Witteberg wen die wedstryd met 8 paaltjies.


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf










