Skolekrieket. Die Hoërskool Strand het lanklaas so ‘n merkwaardige skolekrieket naweek beleef.
Die Strand se eerste krieketspan het die veelgeroemde Parel Vallei, tans nommer 21 op die nasionale krieketlranglys, op hulle tuisveld met 24 lopies geklop.
Mnr. Henk Conradie, die Strand se krieketafrigter, het hulle egter met ‘n onkonvensionele wedstrydplan uitoorlê. Slegs een snelbouler is ingespan. Die draaibalboulers het die groot skade aangerig.
Die Strand is tot 137 lopies beperk met Jordan Everts met 36 lopies wat goed gekolf het.Daarna het Parel Vallei kom kolf en dit het gelyk asof hulle baie vinnig die verlangde totaal sou behaal. Zylin Rule het met 3 paaltjies vir 30 lopies en Morné Meyer met 3 paaltjies vir 32 lopies het egter hulle kolfbeurt in ‘n nagmerrie laat ontaard. Parel Vallei is vir 113 lopies uitgeboul.
Die O/15A – span het beslis die beste vertoning gelewer deur Parel Vallei met 93 lopies te klop. Die Strand het ‘n uitstekende 209 lopies aangeteken. Blaze Soma met 52 nie uit nie, NW Pienaar met 47 en Nicolae Roux met 35 lopies het baie goed gekolf. Parel Vallei is daarna vir 116 lopies uitgeboul Nicolae Roux het ‘n skitterende 5 paaltjies vir 40 lopies geneem. Werklik ‘n uitstekende veelsydige vertoning deur Nicolae Roux.
Gegewe die feit dat Parel Vallei oor baie meer krieketspelers as die Strand beskik, het die Strand dus briljant presteer.
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








