Midmar Mile. Welkom Gimnasium se swemmers het die afgelope naweek (8 en 9 Februarie) aan die 52ste Midmar Mile by Howick, KwaZulu Natal, deelgeneem. Dit is die grootste ope-water swem in die wêreld en daar was ongeveer 12 000 swemmers hierdie jaar!
Die Gimmies het uitstekend presteer en behaal die volgende tye en prestasies:
- SJ Nel – 23:25
- Noa Mansill -25:30
- Tristan Venter -26:35
- Shyenne Laubscher -28:34
- Ashley Seymour – 29:06
- Tatum Venter -29:29
- Kaira Nel -32:59
Gimmie-swemmers behaal die Top 100:
- SJ Nel – 16 de
- Noa Mansill – 32 ste
- Tristan Venter – 52 ste
- Shyenne Laubscher – 94 ste
Gimmie-swemmers behaal die Top 200:
- Tatum Venter – 124 ste
- Ashley Seymour – 137 ste

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://welkom-gimnasium.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








