)

Hoofseun 2025 – Hoërskool Langenhoven

Hoofseun 2025. Die afgelope aantal jare het Schools That Rock onderhoude gepubliseer van Hoofleiers afkomstig van verskeie hoërskole in Suid-Afrika. Hierdie jaar maak ons weer so. Vandag gesels ons met Zaid Hendricks, Hoofseun 2025 van Hoërskool Langenhoven in Riversdal.

“Waarna ek, as Hoofseun 2025, die meeste uitsien vir my leierskapjaar is dat ons vanjaar ons skool se beskermheer, CJ Langenhoven, herdenk. Dit is vir sy bydrae tot Afrikaans honderd jaar gelede. Ek is opgewonde oor hoe ons hierdie legende gaan vereer in ons klasse en op sosiale vlak.

My persoonlike doelwitte vir my leierskapjaar is dat elkeen van Hoërskool Langenhoven se 550 leerders gebalanseerd sal funksioneer. Ek verwys hiermee na die akademie, sport en hul sosiale lewe.

Die eienskappe van ons skool, wat vir my die meeste uitstaan, is die feit dat ons skool “klein” genoeg is om persoonlik te wees. Ons is egter ook “groot” genoeg om ‘n verskil te maak.

Aanpassings

Aanpassings wat ek graag wil sien gebeur by ons skool? Ek droom daaroor dat ons rugby sal verbeter.

Indien ek iemand moet oorreed om van ons skool die skool van hul keuse te maak, sal ek dit doen deur my voorbeeld. Ek tree altyd en oral as ‘n Ambassadeur vir ons skool op.

My sterkste leier-eienskappe is dat ek die vermoë het om maklik met mense, “in all walks of life” te kan omgaan.

Samewerking

Om samewerking van my span te kry, sal ek dit doen deur voor te vat, die hardste te werk en deur  hul voorstelle en raad te aanvaar. 

Die persoon na wie ek die meeste opsien is ons skoolhoof, Mnr Smith. Hy het die vermoë om tot die leerders se vlak te gaan. Hy tree ook vriendelik maar ferm op. Mnr Smith is ook ‘n “Bok vir sports.” Hy is Tick-tock  videos se baas en hy is ook baie belese.

Ek dagdroom dikwels  om die Springbokke se spandokter te word en so sommer die wereld vol te reis.

My gunsteling gereg is Pizza, Kaas-pizza.

My loopbaankeuse? Ek wil Biotegnika by die Universiteit van Kaapstad of Stellenbosch studeer.”

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://langenhovenhs.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal