Skolekrieket. Tydens ‘n skolekrieket wedstryd het die 1ste krieketspan van Bethlehem Voortrekker Hoërskool hul ligakragmeting teen Welkom Gimnasium met 84 lopies gewen.
Die Trekkers het eerste gekolf en is uitgehaal vir 199 lopies. Paul Naudé (53 nie uit nie), JD van Dyk (44) en Vlag Janse van Rensburg (30) het waardevolle bydraes gelewer.
Met die bal in die hand, het die kaptein, Joel Coetzee, ‘n skitterende vertoning met die nuwe bal gelewer. Hy laat 5 paaltjies kantel vir slegs 17 lopies in 9 boulbeurte. Thato Nthebere het hom goed ondersteun met akkurate draaiboulwerk en het 1 paaltjie vir 8 lopies in 4 boulbeurte geneem. Jurie Knobel (1/6) en Ruan Heunis (1/31) het ook elkeen ‘een’n paaltjie ingeoes om die opponente uit te boul vir 115 lopies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










