Skole Tennis. Hoër Jongenskool Paarl se 1ste en 2de tennisspanne het die afgelope naweek uitstekende tennis gespeel.
Die eerste tennisspan het die tweede plek behaal by die Grey College Tennistoernooi. Dis die tennisspan se beste posisie nog by hierdie toernooi.
Die tweede tennisspan het die afgelope naweek deelgeneem aan die Boland Landbou-tennistoernooi. Alhoewel hulle onoorwonne was, behaal hulle ‘n algehele 3de plek.
Tweede tennisspan uitslae:
- Wen Hoërskool Framesby 19-6
- Wen Hoërskool Stellenbosch 24-0
- Wen Paarl Gimnasium 15-11
- Wen Boland Landbou 17-8
- Wen Hoërskool Hugenote 18-6
- Wen Hoër Landbouskool Oakdale 18-9

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.paarlboyshigh.org.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








