Skole Netbal. Hoërskool Parel Vallei, Kaapstad, se netbalspanne het oudergewoonte gedurende die vakansie aan verskeie toernooie deelgeneem. Die netbaldogters het teen verskeie ander skole netbal spanne gespeel. Hulle het nie net in die Wes-Kaap nie, maar ook in Gauteng meegeding.
Uitslae wat behaal is het bewys dat Parel Vallei beslis toegerus en gereed is vir die uitdagings wat wag in die tweede kwartaal!
Die o.16- en o.18-spanne het deelgeneem aan Hoërskool Waterkloof-netbaltoernooi in Pretoria. Al die spanne het uitstekend presteer. Die o.16-span het nege van hul twaalf wedstryde gewen, en die o.18-span het agt uit twaalf wedstryde gewen.
PV se o.14-span het ook puik presteer by die Hoër Meisieskool Paarl toernooi. Dië span het tien van hul elf wedstryde gewen.
By die Paarl Gim-toernooi was PV se o.14-netbalspan onoorwonne en het hulle al hul wedstryde gewen.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf