NKT Waterberg Pathways Rugbytoernooi. Grey Kollege se Peaches (o.19C) het aan die NKT Waterberg Pathways Rugbytoernooi in Nylstroom deelgeneem. Die span is aangewys as die span van die toernooi.
Clements van Tonder van Grey Kollege is ook aangewys as die agterspeler van die toernooi.
Die Peaches se resultate:
- Dag 1: Peaches klop Ellisras 19A 33-17
- Dag 2: Peaches klop Hoërskool Klerksdorp 19A 9-0
- Dag 3: Peaches klop Southern Legion Rugbyklub 38-14
Die volgende seuns van Grey is ook ingesluit by die toerspan wat uitgenooi is om na Portugal te toer:
- JG Badenhorst
- Stephan Jacobs
- JB Wessels
- Hano Kruger
- Clements van Tonder
- Riaan Benade
- Benjamin v.d. Berg
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://greycollegesecondary.com/
Foto verskaf