)

Skole krieket – Hoërskool Witteberg vs BVHS

Skole krieket. Hoërskool Witteberg, Bethlehem, en Bethlehem Voortrekker Hoërskool het die afgelope naweek kragte gemeet in ‘n 50-boulbeurte skole krieket wedstryd.

Witteberg het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die span kon dit regkry om ‘n totaal van 219/10 in 49.1 beurte op die telbord te sit.

Lesego Mosikidi met 47(57) en Xander Bakker met 32(21) was Witteberg se beste kolwers. Joel Coetzee van BVHS het ongelooflike spel gelewer met 5 paaltjies vir slegs 26 lopies in 10 beurte.

Witteberg se kaptein, Stephan Geldenhuis, was uitstekend met die bal in die hand. Met syfers van 4 paaltjies vir 31 lopies in 9 beurte het hy BVHS onder druk geplaas. Hy is mooi bygestaan deur Xander Fourie met 3 paaltjies vir 43 lopies in 8.1 beurte.

Witteberg beperk BVHS tot op 213/10 in 43.1 beurte om die wedstryd met 6 lopies te wen.

Meer skolenuus:https://schoolsthatrock.co.za

https://witteberghs.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal is ongelooflik trots op Anè Joubert. Sy het onlangs haar merk gemaak by die D.T.M.A Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap. Anè het nie net provinsiale kleure…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal