Skole krieket. Hoërskool Witteberg, Bethlehem, en Bethlehem Voortrekker Hoërskool het die afgelope naweek kragte gemeet in ‘n 50-boulbeurte skole krieket wedstryd.
Witteberg het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die span kon dit regkry om ‘n totaal van 219/10 in 49.1 beurte op die telbord te sit.
Lesego Mosikidi met 47(57) en Xander Bakker met 32(21) was Witteberg se beste kolwers. Joel Coetzee van BVHS het ongelooflike spel gelewer met 5 paaltjies vir slegs 26 lopies in 10 beurte.
Witteberg se kaptein, Stephan Geldenhuis, was uitstekend met die bal in die hand. Met syfers van 4 paaltjies vir 31 lopies in 9 beurte het hy BVHS onder druk geplaas. Hy is mooi bygestaan deur Xander Fourie met 3 paaltjies vir 43 lopies in 8.1 beurte.
Witteberg beperk BVHS tot op 213/10 in 43.1 beurte om die wedstryd met 6 lopies te wen.
Meer skolenuus:https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf