Dogterskrieket. Hoërskool Witteberg se 1ste dogterskrieket span is vir die 11de jaar agtereenvolgend TBM kampioene! Hierdie spanhet die afgelope naweek ndag in die TBM finaal teen Hoërskool Paul Erasmus van Senekal gespeel.
Witteberg het die loot gewen en besluit om eerste te boul.
Mia Daacke het voor gevat met die bal en 4 paaltjies laat kantel vir slegs 11 lopies in 4 beurte! Marichelle Spies het haar mooi bygestaan met 2 paaltjies vir 9 lopies in 4 beurte… Paul Erasmus kon slegs ‘n totaal van 75/9 in 20 beurte behaal.
Leoze Lottering met 34*(20) en Amy Kotze met 30*(20) het slegs 6.3 beurte nodig gehad om by die wen-totaal van 76 lopies uit te kom.
Witteberg wen die wedstryd met 10 paaltjies en is vir die 11de agtereenvolgende keer kampioen in die TBM liga.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








