Skole-krieket. 🏏 Hoërskool Linden Krieketnuus: ’n Seisoen vol vuur!
Die krieketseisoen het met ’n knal afgeskop, en Hoërskool Linden se spelers wys hul staal op die veld! Ons sien uit na ’n aksiebelaaide seisoen vol talent, toewyding en uitsonderlike spel.
Linden sterre van die week: Wynand van Zyl en Simeon Kleynhans. In ’n kragmeting teen Hoërskool Riebeeckrand het hierdie twee jong spelers hul name in die rekordboeke gegraveer:
- Wynand van Zyl (Gr. 9) het ’n briljante 153 lopies van 126 balle aangeteken.
- Simeon Kleynhans (Gr. 8) het vir die tweede keer dié seisoen ’n dubbelhonderd behaal – ’n ongelooflike 204 lopies van net 120 balle, en hy was nie uit nie!
🌟 Spesiale vermelding van Linden kriekethelde:
- Lucca Leipoldt (Gr. 9): 55 lopies van 39 balle teen Monnas.
- Ruben Cruickshank (Gr. 12): 57 lopies van net 25 balle teen Monnas.
- Wynand van Zyl: 153 lopies teen Riebeeckrand vir die o.15A-span.
- Simeon Kleynhans: 204 lopies teen Riebeeckrand vir die o.15A-span.
“Ons spelers toon nie net talent nie, maar ook karakter en deursettingsvermoë. Sterkte aan al ons spanne met die komende wedstryde – ons staan agter julle!”

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








