Skole krieket. Hoërskool Bredasdorp se o.15-krieketspan het gister, 8 Februarie, ‘n skole krieket wedstryd op Hermanus teen Curro Hermanus gespeel. Bredasdorp kolf eerste en teken 113 lopies in 25 boulbeurte aan.
- Justin Bailey het 24 lopies vir Bredasdorp aan geteken
- Edmund O’Ehley het 21 lopies, nie uit nie, aangeteken
- Daniel du Toit het 21 lopies bygedra
Curro Hermanus het in hul kolfbeurt 105 lopies vir 7 paaltjies in 25 boulbeurte aangeteken. Hulle moes in die laaste boulbeurt nog 10 lopies aanteken, maar kon nie daarin slaag nie.
- Christiaan Scholtz en Tiaan Scheepers neem elkeen 2 paaltjies vir Hoërskool Bredasdorp na die BD’s se boulers pragtig teruggeveg het.
Die BD’s wen met 6 lopies!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf