Skole krieket. Hoërskool Upington het in ‘n skole krieket wedstryd die span van Hoërskool Duineveld aangedurf.
Uppies het eerste gekolf en word almal uitgehaal vir 99 lopies.
Upington se beste kolwer:
- Sylvester Hoffman teken 48 lopies aan van slegs 43 balle.
Duineveld het goeie lopies bymekaar gemaak, maar die goeie boul- en veldwerk van Uppies is Duineveld almal uithaal vir 93 lopies. Na ‘n taai wedstryd tree Uppies uit as oorwinnaars met 6 lopies.
Uppies se beste boulers:
- Kaiden Daniels het 4 paaltjies platgetrek vir 21 lopies
- Vailon Lombard het 3 paaltjies laat val vir slegs 13 lopies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf