Skaapskeer. Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam, bedank die gemeenskap se boere wat tans op Woensdae namiddae vir hulle skape bring om op te oefen.Die ondervinding wat Augsburg se leerders opdoen met die skaapskeer is vir hulle baie waardevol.
Augsburg se skeerders wissel tans van graad 8’s tot graad 12’s. Sommige van hul opgeleide skeerders, skeer met skaapskêre en ander met masjiene. Die wolklassers sorg dat die boer se wol so goed as moontlik klasseer word. Danksy hul hidroliese BKB wolpers, kan Augsburg ook vir boere die wol verpak!
Augsburg bly op die voorpunt van landbou-opleiding!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf