Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Zerwick de Lange, Onder-President van Hoërskool Die Wilgers in Pretoria gevra.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien die meeste uit na die unieke ervarings van Matriek, nl. die nuwe interessante werk, die graad 8-oriënteringsprogram en dat hierdie jaar die begin van my wettige volwassenheid inhou.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by jou skool? Ek sal wil hê ons skool moet ons betrokkendheid by liefdadigheid verder wil uitbrei en ontwikkel.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Hoërskool Die Wilgers hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ek spog graag dat, alhoewel Wilgers ‘n kleiner skool is, dit ‘n voordeel skep waar ’n familiegevoel geskep word tussen jou, jou medeleerders en die onderwysers.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Ek het niemand spesifiek nie. My ‘rolmodel’ sal al die leerders wees wat altyd bereid is om te help en wat regtig baie vir die skool wil doen. Ek sal altyd baie respek hê vir leerders met toewyding aan Die Wilgers.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Stoei is my gunsteling sport.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Ek is lief vir enige tipe pasta.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag ‘n Fisikus word. Hetsy dit op navorsing gerig is of nie, fisika is my baba.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Ek gaan in 2022 by die Universiteit van Pretoria studeer.
‘n Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021. Dis ‘n nuwe jaar. Meeste van die vorige jaar se probleme is steeds hier, maar ons is aanpasbaar. Ons weet wat daar verwag kan word en ons kan daarop reageer. Wees optimisties, werk voluit en wees veilig. Ons het reeds 2020 oorleef, so nou weet ons hoe om hierdie jaar goed ore aan te sit!