Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Susan le Roux, Voorsitter van Hoërskool Die Wilgers in Pretoria gevra.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien ongelooflik baie uit daarna om al die nuwe graad 8’s te ontmoet en ‘n pad saam met hulle te stap. Vandat ek in graad 8 die oriënteringsprogram voltooi het, kon ek nie wag vir hierdie dag nie.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wil sien gebeur by jou skool? Ek sou graag nog meer leerders by die sport betrokke wou kry. Hetsy dit fisies op die sportveld is, besig om te speel, of langs die sportveld as ondersteuners. Ek voel sport bou baie gees en samesyn by ‘n skool.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Hoërskool Die Wilgers hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ek sal hulle vertel van hoe wonderlik dit is dat ons skool nie te groot is nie. Dit voel letterlik soos ‘n tweede familie omdat almal mekaar ken. Ek sal hulle dan ook van ‘n paar tradisies hier by ons skool vertel.
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Juffrou Klopper. Sy is ‘n fantastiese juffrou en netbal-afrigter met ‘n baie groot hart vir leerders.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? My gunsteling sportsoort is beslis Netbal.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Ek is baie lief vir Lasagne.
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Op die oomblik is ek nie so seker nie maar ek hunker so bietjie na Fisioterapie of Biokinetika.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Na ‘n “gap” jaar in 2022 sal ek graag na die Universiteit van Stellenbosch toe wil gaan.
Vraag: ‘n Boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021. Ja, hierdie jaar is gevul met uitdagings en ons almal het gehoop dit sal nie wees nie maar ons kan die beste daarvan maak. Sien die positiewe in elke situasie raak al moet jy soms so bietjie harder soek. Baie sterkte, werk hard en kom ons geniet elke oomblik saam.