)

Schools That Rock gesels met Annique Leeuskieter

Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Annique Leeuskieter, Hoofmeisie van HoĆ«rskool Aliwal-Noord gevra.

Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien baie uit na ons ontgroeningsprogram van die nuwe graad 8’s. Ek sien ook uit na die ervaring van die jaar as ‘n matriekleerling, om alles voluit te doen omdat jy weet dit is jou laaste jaar.

Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Onder die omstandighede waarin ons huidig is, is dit nie moontlik nie. Ek sal graag die horisonne van ons sportgeleenthede verbreed, deur verskeie sportsoorte soos krieket en rugby, aan meisies ook toeganklik te maak. Die belangstelling sal heel moontlik nie só groot wees nie, maar dié wie wel sou belangstel in dit, sal kan bepaal of dit hulle passie is. Ek sou ook praktiese kursusse aanbied,soos dié wat ons leerders in slegs graad 10 voltooi, sodat leerders ervaring kan kry in verskeie gebiede en só makliker bepaal waarvan hulle hou en dit dan kan uitleef na hul skoolloopbaan.

Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om jou skool hul keuse te maak, wat sal dit wees? Ons skool bied geleenthede op alle gebiede soos kultuur, sport en die lys gaan aan. Daar is altyd plek vir almal siende dat ons só ‘n diverse groep is! Die Alies neem ook deel aan baie liefdadigheids-projekte. Alies leer nie net akademiese vaardighede nie, ons ontwikkel soveel ander vaardighede wat jy na skool met jou kan saamneem.

Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? My besigheids-onderwyser, Juffrou Karin en ons hoofseun, ImiƩll Christensen.

Watter sportsoort is jou gunsteling? Netbal!

Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Ek geniet “chicken wraps.”

Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Daar is ‘n paar opsies wat my aandag trek. Voorlopig forensiese sielkunde as plan A en my plan B is in die skoonheidsbedryf.

Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Universiteit van die Vrystaat, ook bekend as Kovsies.

Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Under circumstances still do your best for it is your last year. Met God aan die hand, dissipline en integriteit, sal jy die pad kan stap. Be humble, but never forget your worth en blom waar jy geplant is! 

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal