Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Imiéll Christensen, Hoofseun van Hoërskool Aliwal-Noord, gevra.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Ek sien baie uit daarna om die jaar as ‘n matriekulant in Hoërskool Aliwal-Noord te begin en gebruik te maak van voorregte wat slegs vir Gr12’s bedoel is.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? As ‘n leerder presteer in een of ander rigting of veld, ontvang hy ‘n balkie of ‘n erekleure baadjie om hom/haar erkening daarvoor te gee. In plaas hiervan kan daar ‘n stelsel geïmplimenteer word wat, elke keer as die leerder presteer ‘n sekere bedrag geld in ‘n rekenig inbetaal word. Soos wat die leerder presteer oor die jare neem die saldo toe en indien die leerder die dag matriek slaag, word daardie rekening aan hom/haar uitbetaal. Hierdie bedrag geld kan dien as hulpmiddel vir die persoon na skool, mag dit wees vir verdere onderrig of eie gebruik.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om Alies hul keuse te maak, wat sal dit wees? Hoërskool Aliwal-Noord is ‘n skool wat standaarde handhaaf wat met stedelike skole kan kompeteer in sport, akademie en kultuur en terselfdertyd ‘n plattelandse ondervinding kan bied. By Alies het jy ‘n naam – jy is nie net ‘n nommer nie .
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Ons Fisiese Wetenskap onderwyser, Mnr H Loubser. Dit is nie ‘n straf om in sy klas te wees nie en indien ek eendag onderwys as my loopbaan wil kies, sal ek ‘n gesindheid soos syne graag wil ontwikkel.
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Bergfietsry as ‘n buiteskool sport en tennis as ‘n sport wat die skool bied.
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Seekos
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag na skool ‘n graad in Siviele Ingenieurswese verwerf en daaruit ‘n lewe vir my self bou.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? Die Universiteit van Stellenbosch.
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? No matter what the circumstances, never give up on your dreams!