Schools That Rock het ‘n paar vrae gevra aan Hanru Jansen, Hoofseun van Hoërskool Middelburg.
Vraag: Waarna sien jy die meeste uit wanneer die 2021 skooljaar begin? Om die graad 8 groep te verwelkom en die nuwe tradisies aan te gee vir ‘n volgende groep. Om van die begin af diep spore te los en ‘n voorbeeld te laat vir opkomende matrikulante. Asook om met vriende die jaar te kan afskop en vir myself lekker te maak vol herinneringe.
Vraag: Is daar enige aanpassings/ veranderinge wat jy graag wou sien by jou skool? Ek sou groot waaiers in die klaskamers installeer. Asook ten minste 1 dag per maand aan skoolwerk afstaan en ‘n sporttoernooi hou. Met elke toernooi word ‘n ander sportsoort aangebied waar slegs MHS leerders hul spanne mag inskryf.
Vraag: Indien jy iemand moet oorreed om MHS hul keuse te maak, wat sal dit wees? Die lewe is kort en dit gaan in ‘n oogwink verby. As duisende Middies sê dat MHS die skool is waar jy hoogtes bereik, hoe kan dit dan anders wees? Die bal is in jou hande…
Vraag: Wie is jou rolmodel by jou skool? Sam Gerber
Vraag: Watter sportsoort is jou gunsteling? Waterpolo by Bishops en Rugby
Vraag: Wat is jou gunsteling gereg? Varknek steak en slapchips
Vraag: Watter loopbaan wil jy volg na skool? Ek wil graag sport nog beoefen nadat ek ‘n graad agter my naam het.
Vraag: Na watter universiteit wil jy volgende jaar gaan? NWU Pukke
Vraag: Wat is jou boodskap aan jou mede-skoliere vir 2021? Geniet elke oomblik van jou lewe en maak dit vir jouself lekker. Jou lewe is ‘n storieboek. As jy eendag oud is en terugblaai na al jou hoofstukke toe, sal dit ‘n storie wees wat ander graag sou wou lees en iets wees waarop jy kan trots wees – of ‘n verlate boek wat net stof opgaar? Jy het net een storie en nie ‘n uitveër nie, laat jou verbeelding hardloop!
Foto verskaf