Schools That Rock het ‘n paar vrae aan Johané van Aswegen Hoërskool Adamantia, Kimberley, gevra.
Vraag: Hoe sien jy die invloed van die Covid19 virus op ons land?
Die virus het so baie goed kom omkrap. Ons lewens, ons daaglikse roetine. Dit het ook baie van ons af weggevat. Ons positiwiteit, ons hoop…MY matriekjaar. Die jaar waarna ek só baie uitgesien het. Die jaar wat nooit weer dieselfde sal wees nie.
Die virus het SA se ekonomie en die toekoms van ons land verwoes. Soveel onderrig is verlore en dit kan net in ‘n kort tyd opgevang word, sal dit ooit moontlik wees? Baie is bevoorreg om aanlyn klasse te kan neem en by die huis verder te kan studeer, maar wat van dié wat nie so bevoorreg is nie? Hoeveel kan nie hulle drome volg omdat hulle punte aan die einde van die jaar hulle nie by die universiteit se deure bring nie omdat selfstudie hulle nie gehelp het nie?
Hoeveel werkloosheid veroorsaak hierdie virus nie? Hoeveel misdaad verhoog dit nie? Die virus het ‘n baie groot invloed op alles en almal en dit bring soveel onsekerheid, maar ek glo en vertrou ons sal binnekort oorwinning vier.
En dink ook ten minste so daaraan, petrol is goedkoper!
Vraag: Dink jy dat die virus ‘n invloed op toekomstige onderwys gaan hê? Gaan skole anders kyk na onderwys?
Die virus het ‘n baie groot invloed, so ek dink dit sal definitief ‘n impak op toekomstige onderwys hê. Dalk sal die implimentering van tablette in skole meer algemeen word omdat dit in tye soos dié, onderrig steeds moontlik kan maak en dit ook vergemaklik. Ek dink almal besef nou die belangrikheid van onderwys en kyk anders daarna. Ouers sal saam met my stem dat dit nie so maklik is soos wat dit lyk nie. Dit is nie net nog n beroep nie, dit is meer as dit.
Vraag: Hoe beplan jy om steeds jou doelwit vir jou laaste jaar op skool te bereik?
Ek beplan om my beste te gee in my akademie sodat ek volgende jaar kan studeer. My toekoms hang van my af en die keuses wat ek in hierdie tyd maak. Ek kan my boeke toemaak en bêre of ek kan probeer om selfstudie toe te pas en hard te werk vir my eie onthalwe
Vraag: Wat beplan jy vir jou toekoms? Loopbaan?
Ek wil graag volgende jaar optometrie gaan studeer.