Schools That Rock vra ‘n paar vrae aan Jurie Coetzee, Hoofseun van Hoërskool Keimoes in die Noord-Kaap.
Vraag: Hoe sien jy die invloed van die Covid19 virus op ons land?
Dit het ‘n vreeslike groot invloed op ons land en dit maak dit meer tragies dat onskuldige mense daar onder moet ly. Die President het wel vroeg begin besef wat aan die gebeur was en hy het die regte keuse gemaak om die land op “lockdown” te plaas. Die Covid19 het ons Ekonomie, Universiteite, Skole, Hospitale, Besigheid en alle ander ondernemings en werkskeppings beïnvloed. Ons sal nie oornag kan herstel nie, maar indien ons saamstaan as ‘n land, en biddend bly, sal dit moontlik wees om die deursettingsvermoë en kalmte en liefde te ontvang van ons Hemelse Vader.
Vraag: Dink jy dat die virus ‘n invloed op toekomstige onderwys gaan hê? Gaan skole anders kyk na onderwys?
Ja natuurlik gaan dit ‘n invloed op die toekomstige onderwys hê. Daar sal baie nuwe maatreëls moet getref word vir die veiligheid van die onderwysers en vir die leerders.
My opinie is dat daar nie anders gekyk kan word na onderwys nie, of ‘n ander metode om opvoeding te ontvang nie. Die Epidemie het wel gemaak dat onderwysers hul werk op “whatsapp” deur gee maar my hart gaan uit vir die leerders wat nie so bevoorreg is nie. Dit moet ook in ag geneem word.
Vraag: Hoe/wat beplan jy om steeds jou doelwit vir jou laaste jaar op skool te bereik?
Om hard te werk en om energie, moeite en opofferings te maak met my skoolwerk. Dit is nie die ideale tyd om in Graad 12 te wees nie, maar dit gaan my nie negatief beïnvloed nie, want my doelwit bly dieselfde om Graad 12 goed te slaag en om ‘n voorbeeld vir baie jonger leerders te wees asook ná Matriek.
Vraag: Wat beplan jy vir jou toekoms? Loopbaan?
Tans, om Graad 12 goed te slaag sodat ek kan universiteit-vrystelling kan ontvang. My loopbaan keuse is as volg:
– Onderwys
– Maatskaplike dienste
– BA Regte in Sielkunde