SANESA NC Q1-kompetisie – Welkom Gimnasium se ruiterspan het die afgelope naweek deelgeneem aan die SANESA NC Q1-kompetisie. Dit was ‘n bewys dat harde werk en toewyding vrugte afgewerp het. Die kompetisie het plaasgevind op 14 en 15 Maart in Kimberley. Janke Rossouw met haar perd Out Of The Blue en Lizay Jonker met haar perd Splendid het die arena behoorlik laat gons.
Met styl, selfvertroue en ’n groot dosis deursettingsvermoë het hulle die een na die ander rosette huis toe geneem.
Janke en Lizay se prestasies was as volg:
Janke Rossouw en Out Of The Blue
- 1ste – 70 cm Show Jumping L1 Normal Competition
- 1ste – Show Riding L3
- 1ste – 70 cm Working Hunter New Comer L3
- 1ste – 70 cm Equitation L2
- 1ste – Prix Caprilli Novice L3
- 3de – 70 cm Show Jumping L1 Accumulator
- 4de – Dressage (a) DSA Novice L2
Lizay Jonker en Splendid
- 1ste – 60 cm Show Jumping L1 Normal Competition
- 1ste – 60 cm Show Jumping L1 Accumulator
- 1ste – Working Riding L1
- 2de – Equitation 60 cm L1
Hierdie uitslae is nie net ’n bewys van hul talent nie, maar ook van die ure se oefening, dissipline en liefde vir hul perde. Die atmosfeer in Kimberley was elektries. Die Gimmie-ruiters het met trots die skool se naam hoog gehou.

Welgedaan, Janke en Lizay! Julle is ‘n ware inspirasie vir die hele Gimmie-familie.
Gimmies sien uit na nog vele oorwinnings!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://welkom-gimnasium.co.za/
Foto’s voorsien










