SANESA Nasionale Kampioenskappe. 🏇 Hoërskool Fichardtpark leerders skitter op nasionale vlak!
Hoërskool Fichardtpark wens Corné en Chrisilee Rossouw met trots en opgewondenheid geluk. Hierdie twee leerders is gekies om deel te vorm van die SANESA Vrystaat A-span! Hierdie talentvolle ruiters sal van 8 tot 11 Oktober 2025 die Vrystaat verteenwoordig tydens die SANESA Nasionale Kampioenskappe by die ikoniese Kyalami Equestrian Park in Johannesburg.
Dis ’n ongelooflike prestasie wat harde werk, toewyding en passie weerspieël – en die Fichies-familie is oorstelp van trots! 🌟
Mag julle deelname vol selfvertroue, grasie en oorwinnings wees. Ons staan vierkantig agter julle – go, Corné en Chrisilee! 🎉
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








