Salix-Sangers. Die Salix-sangers (Salix – Latyn vir Wilgerboom) is oorspronklik deur juffrou Erna Grove in 1985 gestig. Dit is jare later weer, deur een van haar oud-leerders wat ook nou ’n onderwyseres by Hoërskool Die Wilgers is, aan die lewe gebring. Juffrou Marieke Buys deel graag haar passie vir musiek met haar leerders en sê dit is vir haar ’n baie groot eer om jare later so ’n groot projek te kan laat herleef.
Serenade is ’n mengsel van musiek en toneelspel. Dit is ’n groep van 10 tot 20 leerders wat sonder enige begeleiding in harmonieë verskeie verwerkings sing. Elke groep het ’n tema en kleredrag wat daarby pas. Leerders gebruik slegs hul stemme en liggame om musiek en ritmes te maak. Die moeilikheidsgraad van die musiek is baie hoog en dit is ’n wonderlike geleentheid vir leerders om musikaal te ontwikkel.
Wilgies se ore het Donderdag, 13 Oktober, in ’n see van harmonieë geswem. Die jaarlikse Animato A Capella-kompetisie se finaal het by Hoërskool Die Wilgers plaasgevind. Dit was ’n besonderse aand om te beleef. Wilgies se eie a capella-groep, Die Salix-sangers, het vir die eerste keer sedert 2004 aan ’n sangkompetisie deelgeneem.
Die Wilgies se harte bars van trots ná die Salix-sangers by Animato se nasionale finaal ’n algehele vierde plek verower het. Die kompetisie was baie sterk, maar die Wilgies het behoorlik uitgehaal en gewys waar Dawid die wortels begrawe het. Skole wat ook deelgeneem het, is: Hoër Meisieskool Oranje (eerste plek), Hoërskool Linden (tweede plek) en Hoërskool Randburg (derde plek). Ander skole wat deelgeneem het, is Balmoral College, Hoërskool Generaal Hertzog en Hoërskool Noordheuwel. Die Wilgies wens hierdie skole hartlik geluk met hul pragtige prestasies.
Die Salix-sangers sal weer vroeg in 2023 afskop. Wilgies moet hul ore spits vir afkondigings oor oudisietye.
Salix Singers
The Salix singers (Salix – Latin for Willow) were originally founded by Miss Erna Grove in 1985. It was brought to life years later by one of her former learners who is also now a teacher at Die Wilgers High School. Miss Marieke Buys also loves to share her passion for music with her learners and says it is a great honour for her to be able to revive such a big project years later.
Serenade is a mix of music and acting. It is a group of 10 to 20 learners who sing various arrangements in harmonies without any accompaniment. Each group also has a theme and dress code to match. Learners also only use their voices and bodies to make music and rhythms. The difficulty of the music is very high, and it is a wonderful opportunity for learners to develop musically.
Wilgies’ ears swam in a sea of harmonies Thursday, October 13. The annual Animato A Capella competition final took place at Die Wilgers High School. It was a special night to experience. Wilgies’ own a capella group, The Salix Singers, participated in a singing competition for the first time since 2004.
The Wilgies’ hearts burst with pride after the Salix singers won an overall fourth place at Animato’s national final. The competition was very strong, but the Wilgies duly pulled out and showed where David buried the roots. Schools that also participated were: Hoër Meisieskool Oranje (first place), Linden High School (second place) and Randburg High School (third place). Other schools that participated are Balmoral College, General Hertzog High School, and Noordheuwel High School. The Wilgies warmly congratulate these schools on their stunning achievements.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf