Sagtebal. Die 0.15- en 0.16 Sagtebal spanne van Hoërskool Die Wilgers in Pretoria, het verlede Vrydag in die semifinaal teen Hoërskool Wonderboom te staan gekom. Die Wlgers se 0.16’s het korte mette gemaak en oortuigend teen Hoërskool Wonderboom met 16-2 geseëvier.
Die 0/15’s het ook in die laaste rondte met hul teëstanders afgereken. Hulle het met 7 – 4 gewen teen Wonderboom. Albei hierdie spanne sal eerskomende Saterdag, 21 Oktober, weer by Crafford Stadium, in die finaal in aksie wees! Dit is nog nie bekend teen wie hulle gaan speel.
Die Wilgers se 0/16’s is die 0/15-kampioene van 2022 en die 0/15’s het verlede jaar tweede in die liga geeïndig.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








