SA Skole – Twee atlete van Hoërskool Witteberg in Bethlehem is ingesluit in die SA Skole atletiekspan. Amy Koté (o.15) en Leozé Lottering (o.15) is ingesluit in die COSSASA span. Hulle gaan vanaf 8 – 11 Mei 2022 aan die Afrika byeenkoms deelneem in Sasolburg.
Lande wat aan die byeenkoms gaan deelneem is onder andere Namibië, Lesotho en Botswana.
Amy en Leozé het tydens die SA- en ASA Kampioenskappe beide goud (1ste plek) verwerf.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf